AP Kerk Heidelberg is op 23 Augustus 1987 gestig. Ds JM Rheeder was die eerste Leraar van die gemeente. Hy is tans Leraar van die AP Kerk Vereeniging. Ds DJ van der Linde het hom opgevolg. Hy is tans nie meer 'n Leraar in die AP Kerkverband nie.

Ds C Rautenbach is sedert 1 Desember 2002 Leraar van die gemeente

Ons aanbid en dien die Drie - Eenige God, Vader, Seun en Heilige Gees. Ons erken Jesus Christus as Seun van God en ons enigste Verlosser en Heer. Ons erken die  Bybel as die volledige, ware en enigste Woord van God en die Drie Formuliere van Eenheid as basis van ons geloof.

Ons dien die Here met blydskap!

Eredienste : Sondae 09:00

Verbondsonderrig : Sondae 08:00

Bybelstudies : Woensdae 08:30 

Die gemeente bestaan tans uit 248 Belydende Lidmate en 46 Doop Lidmate - Totaal : 294